INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,5%, of $1,23/t (R22,67/t), tot $250,72/t (R4 621/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 15,1%, of $44,74/t (R824,67/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $243,37/t (R4 486/t), Julie – $239,04/t (R4 406/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,1%, of R5/t, tot R4 120/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies is onveranderd op R4 205/t. Op ’n jaargrondslag is witmielies 1,5%, of R60/t, duurder, terwyl geelmielies 0,8%, of R35/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R4 090/t, Julie – R3 999/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R4 220/t, Julie – R4 199/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3%, of $7,60/t (R140,09/t), tot $249,15/t (R4 592/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 46,4%, of $215,23/t (R3967/t), laer. Verwagte pryse: Mei…