Sy’t ’n natuurlike aanvoeling vir mode, en toe die flambojante stylguru Mariam Desai (58) in 2015 haareie modehuis, Cherrie Couture, uit haar huis in Pelican Park in die Kaap begin het, is die klere sommer in haar garage gesny.
Nou, nege jaar later, is hul modest chicuitrustings dié local brand waarin al wat ’n celeb, en vroue van al wat ’n size, wil pryk.
Met Kuier se besoekaan dié modebaas se Cherrie Emporium-tak in Ottery slaan die rye en rye klere die asem weg. Alle skeppings, met skoene, oorbelle, kopdoeke, borsspelde en handsakke is netjies uitgestal. Mariam se passie vir haar werk is duidelik. Sy hou by met die trends en pas haar reeks daarvolgens aan. Sy is veral mal oor Koreaanse modes, ’n persoonlike styl-gunsteling, en sy gaan jaarliks…
