KYK, stutte is nie bekend vir hulle slanke figuurtjies nie. Maar selfs volgens voorry-standaarde was dié rugbyspeler ’n gróót man.
Asenathi Ntlabakanye is 1,83 m lank en het die skaal onlangs nog op byna 160 kg laat kreun. Maar toe hy kort voor druktyd sy debuut in die Groen-en-goud teen die Barbarians maak, was die man wat as die Jozi Bulldozer bekend staan, aansienlik meer vaartbelyn.
Asenathi (25) het byna 20 kg afgeskud, en nie met ’n inspuiting of drie soos soveel bekendes deesdae nie, maar met goeie ou sweet en swoeg. En in die proses het hy iets bygekry: die respek van die Bok-afrigter, Rassie Erasmus.
“Wanneer ook al daar ’n blaaskans was, het hy Bloemfontein toe gery en is hy na Daan Human se plaas toe, en hy…
