Die uitbreking van die nuwe koronavirus is nie naastenby verby nie. Dit gaan versprei, tot naby jou. Maar dit sal waarskynlik nie veel skade aanrig nie.
So, hou op vreesbevange wees en was jou hande.
Dís van die raad wat dr. Abdu Sharkawy, ’n spesialis in aansteeklike siektes by die University Health Network in Toronto, Kanada, Vrydag op Facebook gegee het.
En prof. Wolfgang Preiser, hoof van die afdeling mediese virologie aan die Universiteit Stellenbosch, gee hom absoluut gelyk.
‘Feite, nie vrees nie. Skoon hande. Oop harte.’ Sharkawy skryf hy is nie bang vir Covid-19 nie. Maar hy is bang namens die bejaardes, armes en dié met ’n brose gesondheid wat die meeste onder dié nuwe siekte gaan ly. Die nuwe siekte versprei wêreldwyd en hou aan om nuwe vastrapplek…