Daar is min beroepe so onbaatsugtig en heldhaftig soos dié van brandbestryders. Soveel meer só wanneer jy besluit om dié werk te doen as ‘n vrywilliger – jip, sonder vergoeding. Jy plaas met elke veldbrand jou lewe op die spel om ander s'n te red. Met die somer op ons drumpel staal brandbestryders en vrywilligers van oor die land hulself teen die veldbrande in hierdie winderige, droë seisoen.
Een vrywilliger, die 51-jarige Olivia Caffery van Kaapstad, het meer as 'n jaar terug aangesluit by die Volunteer Wildfire Services (VWS), wat hulle sedert 1999 beywer om veldbrande in die Wes-Kaap te bekamp. Sedert haar reis met VWS begin het, het sy nie net opleiding ontvang as brandbestryder nie, maar doen sy ook hul bemarking en is sy ook een van hul…
