Agnieszka, ons Poolse medewerker, wys hier stap vir stap hoe om vatlappe vir jou kombuis te hekel.
AFKORTINGS
JY BENODIG
› oorskiet-katoendubbeldraad in wit, ment, turkoois, geel, donkergeel, ligperske en donkerperske
› 5 mm-hekelpen
So hekel jy die bobbelsteek
1 Die bobbel word in dieselfde steek gehekel. Om dit te doen, bring die hekeldraad van agter na voor, sodat daar twee lusse op die pen is. Steek die pen in die volgende steek van voor na agter, draad om die pen, trek die draad deur, sodat daar drie lusse op die pen is, draad om die pen en trek die pen deur die eerste twee lusse op die pen tesame. Twee lusse bly nou op die pen oor. Jy het pas een steek voltooi.
2 Hekel nog ’n steek op…
