Die departement van basiese onderwys word dalk Dinsdag hof toe geneem om te keer dat skole tydens die vlak 4-inper-kings oopmaak.
Die Tebeila-instituut vir leierskap, onderwys, regering en opleiding en die Afrika-instituut vir menseregte en grondwetlike litigasie wil ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Polokwane indien omdat hulle meen Angie Motshekga, minister van onderwys, se planne is strydig met die Grondwet.
“Die minister se plan om skole oop te maak, beskerm nie kinders se reg op lewe nie omdat leerlinge blootgestel sal word aan die moontlikheid om Covid-19 op te doen. Kinders, anders as volwassenes, is nie verantwoordelik genoeg om na hulself om te sien nie,” lui ’n verklaring van die institute. Hulle voer aan die meeste ondernemings en werkplekke is steeds gesluit.
“Ons glo jy kan nie die…